FIN

Boks vir boks toegedraai en toegeplak

Die dae van my lewe weggepak

Herinneringe weggebere vir ‘n ander dag.

Nog ‘n koffie nog ‘n glasie wyn

terwyl ek vrede maak en my dae vul

met die einde vir die nuwe begin.

Terwyl ek uitsien, en opsien en lag en huil

my emosies uit gooi op die vloer

vind ek myself vir more vir ‘n toekoms wat wag.

Terwyl ek afsluit en toesluit

Redes vind om te moet opstaan en wegstap.

Die rose te sien blom en my hart te laat verstaan dis ok

om te moet wegkyk.

My hart te laat verstaan dis beter dis nuut

Die seewind te hoor en die water te ruik,

vars en nuut en skoon.

Ek sien uit, ek sien op ek sien ……….

3 thoughts on “FIN

    1. Sterkte vir jou, dis maar swaar en vir my bittersoet, want ek weet my lewe gaan beter in die Kaap wees maar ek hou maar nog vas aan dit wat ek hier het. So die inpak is vir my goeie terapie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s