Huis Paleis

Ons is oppad Kaap toe met die groot trek, weer terug na waar ons oorspronklik begin het, baie jare nadat ons familie met skepe geland het op die Kaap van Hoop en ook van Storms. Dis opwindend, ons is bang en soos ek en my man dit albei beskryf, ons is: Nervously Excited. Want ons is al jare lange Gautengers, ek sedert geboorte, en my man meer ‘n swerwer, ‘n reisiger.

Ek het altyd gespot ek is ‘n regte gypsy, altyd op soek na die volgende avontuur, tot ek regtig my lewe drasties moet verander dan raak ek bang. Maar soos enige goeie storie moet mens seker daardie “leap of faith” vat anders weet jy nie wat vir jou om die draai wag nie. Dis nou al amper ‘n maand wat ek op my eie moes funksioneer terwyl manlief ons lewe solank in die Kaap gaan begin het. In ‘n maand se tyd het ons skole gekies, huis gekry en ‘n trek beplan. Herstelwerk aan ons huidige huis gedoen want hier moet nuwe asem ingeblaas word vir die volgende hoofstuk in sy bestaan.

En daarom wil ek juis hierdie stuk skryf, oor my huis, die hart van my hart. Ek kan nooit genoeg die storie vertel oor hoe ek gevoel het toe ek die eerste keer in hierdie pragtig 100 jaar oue huis ingestap het nie. Ek het geweet ek is tuis en sou die wereld op sy kop gooi om hierdie huis te kon besit. Want as mure kon praat, hoeveel trane en lag en herinneringe is vasgevang in honderd jaar oue mûre?

Die middag nadat ons na die huis gekyk het, was ek so bewoë en het my man gepleit om vir my hierdie huis te koop. Want ek het geweet hierdie is nie net ‘n huis nie, dis ‘n siel, wat gekoester en beskerm moet word en wat die regte mense nodig het om hom te bewaar. Ons het dit reggekry en ek het nou al die voorreg gehad om vir 5 jaar my hart en siel hier te kon verloor. Om die see te kon hoor deur die blare van die groot bome voor die huis wanneer die wind so deur dit waai, om die geur van die yesterday, today and tomorrow deur my kamervenster te kon ruik en weet lente is in die lug. Om te dwaal tussen die rose en meegevoer te raak in die prag.

Om die mooiste kristalle op te kon tel in die beddings en te kon lag en huil,droom en geniet. Hierdie huis is meer as net ‘n huis, dit word deel van elke mens wat ooit deur die voordeur stap.

Hier is die geskiendenis van sy bestaan: Huis was Pastorie v Gereformeerde kerk die Kerk het huis gebou en Ds Venter wat 1 ste hier gebly het, (circa iewers in 1920)

daarna ‘n ene Ds Kruger,

Die huis is toe verkoop en deur ‘n man en vrou gekoop by Dominee Kruger. Man en vrou het na 2de wereld oorlog van Pretoria hierheen verhuis. Was tussen 1949 en 1951. Hulle het net 1 dogter gehad wat dood is op 3 jaar in Pretoria en die vrou het jacaranda boompie v Pretoria gevat en daar in die voortuin geplant om aan haar dogtertjie te herinner. Die man is 1985 oorlede en daarna het ‘n Tannie Ria die huis in 1986 gekoop sy was familie van die oom en tannie en mal oor die huis, sy het dit baie mooi opgepas en die loodglas venster in die voorkamer laat insit wat sy by die Hotel in die Kaap gekry het.

In 2016 het ek en my man die huis gekoop en gerestoreer nadat Tannie Ria se dogter dit aan ons verkoop het, na haar ma aan kanker oorlede is. Ons het baie bloed en sweet in die huis ingesit, en saam met dit het ek my siel geplant.

Wie ookal hierdie huis na ons gaan bewoon sal inderdaad geseën wees met baie geluk en liefde. Ek glo vas dat hierdie huis jou kies. Dis met groot respek en deurnis wat ek die fakkel gaan oorgee. Maklik is dit glad nie. Want ek los beslis ‘n groot gedeelte van my hart hier agter.

6 thoughts on “Huis Paleis

  1. Sterkte met die groot trek. Die huis is pragtig! O, daardie kristalkandelaar en die oudhede laat dit kom na sy prag. Ek het ook gypsybloed in my … tot op ‘n punt. 🙂 Ek wens, nie net vir die nuwe eienaars nie, maar ook vir jou geluk en liefde toe.

  2. Dit is n voorreg om te kan se ons gaan nou hier bly en dit is met groot opgewondenheid wat ek nou Dankie se vir hierdie voorreg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s