somnambulisme
Ek dwaal en dwaal sirkels om my malheid
En jy slaap slaap en slaap
Die agterdeur is gesluit daar is nerens
om te gaan
Behalwe hier met jou en my se malheid
Sirkels om
Mekaar
Daar is ń ligstraaltjie kyk
Kruip vorentoe
Lewend dood
Hierdie keer is dit ons ligstraaltjie
Ek
Gaan hom gryp en vashou en nooit laat los
Terwyl die aasvoëls weer sirkel
Drup drup drup deur my vingers
daar waai die warrelwind weer al my gedagtes deurmekaar
Ek met my eindes sonder ń behoorlike begin
Jy met jou drome sonder einde
Pas ons die stukke wat nooit behoorlik wil in
Dwalende slapende begin sonder einde
droom ons van ligstrale.
Klou ons aan mekaar.
-Adeléne Hartzenberg Mei 2021