Uit hierdie mamma hart

Vandat ek ń ma geword het,

het ek soveel van myself geleer.

Ek het geleer dat my kinders my swakheid en my krag op dieselfde tyd kan wees.

Ek letterlik kan smelt in hulle geluk en ook in hulle ongeluk.

Ek my hande vir hulle stomp kan baklei al was ek nog nooit ń vegster nie.

Dat dag na dag, uur na uur, hulle die hoofrede van my bestaan uitmaak en dat ek soms nagte wakker lê en hoop dat ek nooit sonder hulle sal hoef te leef nie.

Om ń ma te wees het my geleer hoe om geduld te hê, hoe om die kleinste dingetjie en oomblik aan te gryp en dankbaar te wees vir elke sekonde en dit as wonderwerk te kan sien.

Dat ek verantwoordelik is vir meer as net myself en dat ek altyd twee keer moet dink wat ek doen of sê. Dat geluk nie vanselfsprekend is nie.

Dat ń hart die sagste ding kan wees en mens se kop die hardste.

En niemand of niks jou liefde vir jou kinders kan vervang nie.

Dat jy wens jy kan vir hulle alles gee, en dit jou hart breek wanneer hulle iets graag wil hê wat jy nie nou kan bekostig nie.

Jy altyd hoop dat jou liefde genoeg is en jy meer en meer sal gee sodat daar hopelik eendag nie te veel verwyt en wonde sal agterbly nie.

Gelukkige moedersdag aan elke ma wat hier lees. Mag ons liefhê sonder perke, uithou al raak dit moeilik en mekaar ondersteun soveel as ons kan. Ons almal het net een kans. Kom ons maak die beste daarvan.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s