Ons het nie krag nie …….

Alles in Afrika werk anders. Daar is Afrika tyd, as jy nog nooit self in Afrika gebly het nie, sal jy nie verstaan nie, deesdae is ons op ‘n slippery slope van geen water en geen krag, my ouers het ‘n lieflike vakansie plekkie aan die suidkus. My ma se aftreeplekkie het sy altyd gespot, waar sy kan wegkruip tussen die bos en die see. Na baie jare se insette is die plekkie nou soos hulle daarvan hou. Gerieflik ingerug en mens kyk mooi uit op die groen berge, suikerrietplantasies en die see met ‘n groot skip wat verbyvaar so dan en wan. Sielsvrede vind mens daar.

Maar ongelukkig is ons in Afrika. Die pragtige plekkie sit nou sonder water, en hoe kan mens sielsvrede hê as daar nie krag of water is nie, almal in die oord is kwaad, maar ons moet dit stil stil aanvaar want raai wat, ons bly in Afrika. Waarheen sal ons dan nou vlug, soekend na ‘n nuwe plek vir vrede, dalk in die kaap? Dalk oorsee, wie weet, terwyl jou hart en siel roep en soek, probeer jy dit stil maak met die belofte dat dalk binnekort, ons wag vir vrede en stilte. Hoelank nog?

2020 met Korona en inperking was rof, dit voel asof ons almal 2 jaar verouder het tussen toe en nou, my kinders ingesluit. Ek skrik my byna boeglam elke keer as ek hulle sien, ek het die week die ou baba video’s gaan uitgrawe, was sommer lus vir bietjie onthou. In ‘n oogwink lewe mens weer in die verlede en jy voel sommer hartseer dat tyd altyd so met mens weghardloop, dat jy nooit tevrede is met die hier en nou nie, dat daar tog altyd iets beter om die draai moet wees. Dat jy wag en wag. Somer,herfs,winter, lente om en om.

Ons het net nie krag nie, en dit voel my vlammetjie brand flou. Maar in Afrika maak ons planne, en ons wag en hoop en hou aan baklei want ons het kinders met ‘n hele toekoms voor hulle wat nog blink oog na jou kyk. Want jy is die een wat dit moet belowe dat daar iets beter wag om die draai. Al het jy soms nie krag nie, hou jy aan met spook, soms in die donker en soms in die lig, maar vorentoe bly jy gaan.

3 thoughts on “Ons het nie krag nie …….

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s