Soveel dae soveel dinge

Ons het almal al gesien hoe meeste honde maak wanneer daar ‘n ander vreemde hond by sy hek aan die buite kant kom staan, hy blaf en grom en maak asof hy die kwaaiste hond ooit is. Tot jy die hek oopmaak dan is hy rustig en wil die ander hond oplek van vriendelikheid.

Wel vanoggend het hierdie prentjie by my opgekom terwyl almal probeer spook om in en uit die parkeer area by die skool te kom. Mense is grommig kwaai en niemand wil vir enige iemand die kleinste gaping gee nie, so dit veroorsaak dat almal bank vas gaan staan, en niemand kan in of uit die parkering kom nie. Belaglik ek weet. Ek moet myself baie keer in toom hou om nie die woorde in my kop te uiter nie. Tel maar tot 10 of beter nog na 100!

Ons stoot en stamp mekaar en maak of ons kwaai is en druk maar in en dan sodra almal uitklim groet ons mekaar beleef, net soos die hek wat oopmaak tussen die twee honde. Totaal lagwekkend! Want ons afrikaanse nasie is mos so bang ons word geoordeel, wat gaan die mense van my dink. Maar jong sit daardie selfde persoon agter die stuurwiel van ‘n motor en sien hoe dans die duiwel.

Met die Covid epidemie het dit veroorsaak dat meeste ouers nou net die “drop” en go opsie moet kies om kinders af te laai, maar ongelukkig in Suid-Afrika is die “drop” en go nie altyd die vinnigste opsie nie, want daar is niemand om almal te wys hoe en waar en wanneer om te ry nie, so elkeen word aan sy eie diskressie oorgelaat, en my opinie van so iets is nie dieselfde as jou opinie nie, dis so groot gemors dat daar nou al mense is wat ‘n uur in hulle motors voor die skool kom sit in die middae net sodat hulle vinniger kan wegkom en nie nog langer daar moet wag nie, ek meen

Wat de hel?? En dan kry jy jou last minute Susan wat injaag almal blok om vir Sannie te kry, en sannie is rustig rustig en dit veroorsaak dat mense wat al ‘n uur wag bietjie warmer word onder die kraag want kom ons wees eerlik na ‘n uur in SA se son in die kar voel jy soos ‘n uitgedroogte rosyntjie en jy lyk ook al baie soos een.

In die dae toe ons nog veilig was, kon kinders huistoe stap, fiets ry of selfs bus ry, daar was nie so baie mammas, pappas en naskool sentrums met bussies nie, want boetie en sussie was veilig. So ons ou skooltjie wat al sedert daardie dae bestaan se uitleg is nie vir duisende voertuie geskik nie, en mense se geduld en senuwees ook nie. Wat is die oplossing vir die probleem, drink maar jou chill pilletjie vroeg genoeg. Vat vir jou ‘n koffietjie of koue water en leer om te tel tot 100. Saam met al ons land se probleme is die parkering by die skool seker maar een van die minste om oor omgekrap te raak.

One thought on “Soveel dae soveel dinge

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s