13 dinge wat jy moet weet
My seun vandag is jy dertien, en het jy ons gesëen met 13 jaar se vreugde
1. Wees altyd ń gentleman, daar is niks mooier as ń jongman met goeie maniere nie.
2. Wees lief, met alles in jou vir dit wat jou siel wakker maak.
3. Moenie bang wees om jouself te wees nie, al staan jy alleen vir dit waarin jy glo.
4. Staan op vir jouself.
5. Word kwaad, wees bly leef elke dag tenvolle.
6. Vra vrae en gaan op ń ondekkingsreis, jou lewe is in jou hande.
7. Moet nooit vergeet dat ek en pappa jou liefhêt nie.
8. Ondersoek, wees nuuskierig en wanneer jy onseker word draai terug. Huis sal altyd net om die draai wees.
9. Moet nooit verskoning maak vir wat jy voel nie.
10. Jy mag huil.
11. Moenie onnodig mors met ander se gevoelens nie.
12. Wees geduldig met jou maats, en jouself groot word is ń proses.
13. 13 is die eerste stappie na wie jy wil en kan wees my seun, geniet elke oomblik daarvan. Mag jy jouself vind aan die einde en trots wees op wie jy geword het.
Veels Geluk my liefling met jou eerste groot mylpaal mamma sal altyd reg agter jou wees wanneer jou pad te moeilik word om alleen te stap.


Veels geluk, dis ‘n mylpaal!
Baie dankie, jy sal self weet kinders word hopeloos te vinnig groot!