Wanneer ek jou weer sien …..

Sal my koffie smaak na wyn,

die dag sal net so effens, vonkel soos ons lag van huil.

Ek sal daardie lyfie wat jy in die lewe gebring het,

kan vasdruk vir die eerste keer

en my trane sal drup op haar babasagte kop.

Ek sal my verwonder aan die tyd wat sonder einde gesif het deur die uurglas.

Sal elke nuwe tandjie in haar mondjie tel.

Wanneer ek jou weer sien sal ek vra of jy na my ook verlang het.

Soos ek verlang het na die dae van ons jeug toe ons mekaar gepes het in die gang.

Ons sal gesels oor dae van ouds,

van nuwe dinge wat gebeur.

Ons sal mekaar kan druk en vra hoe dit gaan,

terwyl ‘n liggie brand in ons siel.

Soos die warmste vuur in die hartjie van winter,

wat elke sneeuvlokkie smelt, in die land waar jy nou bly.

Wanneer ek jou weer sien, sal my hart weer heel wees.

Ek sal weet dat dit goed gaan met jou liggaam en gees.

My sussie, my ewige maatjie tot ons mekaar weer kan sien,

sal ék daarna uitsien.

-Adeléne Hartzenberg – 18 Julie 2020

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s