Die Monster in my tablet

Met ‘n groot skrik het ek en my man die jaar 2020 afgesluit, ons is tech savvy mense en omdat my man in IT is het ons altyd gedink ons weet hoe om ons kinders veilig te hou, toe nou nie. Kommunikasie is wagwoord in ons huis en ek gesels gedurig met my kinders oor die internet en hoe hulle NOOIT enige details of regte name ens op enige van hulle speletjies of apps moet gee nie, want dis onveilig en daar is mense wat kinders so wil in die hande kry. Keer op keer gesels ek so met hulle, dan sal hulle my antwoord met JA MAAAAA ons weet!!

So breek desember aan, en hierdie mamma is gedaan, die jaar was lank en moeilik en ek laat daardie konstante bekommernis om my kinders se internetverbruik te check so bietjie slaplê, want hulle is mos slim kinders!!!

Eergister kom daar ‘n klomp boodskappe deur op my meisiekind se TIKTOK rekening, gelukkig gaan al die boodskappe op al hulle apps eers deur ek en pappa se ipad of selfoon. Ek gaan lees die boodskappe en sien dis heel onskuldig, ook ‘n meisie wat ditjies en datjies gesels soos om maats te maak. Dadelik sê ek dat my pop moet versigtig wees en nie details uitgee nie. JAA MAAA ek weet. Ok haal asem, ek het mos slim kinders. Teen gistermiddag 2 uur kom daar boodskappe deur op pappa se selfoon, wat ek toe dadelik sien, dis diesefde maatjie, met ‘n foto aangeheg van hoe sy kamstig lyk. Dadelik gaan die rooi ligte by my aan, hoe het hierdie persoon die selfoonnommer in die hande gekry?

Wraggies het my onskuldige pragtige meisiemens ‘n selfoonnommer aan die persoon gegee, en ek en pappa gaan deur die boodskappe op tiktok, toe in die kwessie van ‘n paar uur het daardie kamstige maatjie ons kind begin groom ( genadiglik het ons dit baie vroeg gevang en daar het nog geen fotos ens van ons kind op die internet beland nie) Skokkend ek weet, en mens dink altyd sulke goed sal nooit met jou kinders gebeur nie, maar dit gebeur makliker as wat jy dink.

Daardie mense is meester manupileerders en ons kon dadelik agterkom aan die boodskappe dat dit nie ‘n kind is wat met ons dogter gesels nie, maar virseker ‘n grootmens. Na baie trane, en ‘n baie lang en eerlike gesprek met ons kind moes ons baie mooi verduidelik wat hierdie mense nou eintlik doen. Dit maak my woedend want hierdie mense steel mens se kinders se onskuld. Hulle prooi op ons onskuldige jong kinders en dit maak my lus en slaan koppe inmekaar. Maar my kind is prioriteit en om haar ontwil moes ons alles sluit en blok en wegstap sodat sy anoniem kan bly.

Ons kinders is nie meer veilig buite ons huise nie, en nou het hierdie siek mense al maniere gekry om binne in ons huise ook te kom. Hulle sluip en kruip orals weg en wag net vir daardie oomblik wat jy as ouer nie oplet nie. Ouerskap is baie moeiliker as wat ek myself ooit sou voorgee, want mens veg teen dinge wat jy kan sien, dinge wat jy nie kan sien nie, en soms dinge waarvan jy nog nie eers weet nie.

Ek het besluit om hierdie stuk te skryf om elke ouer te waarsku dat dit ‘n realiteit is, en maak nie saak hoe slim of tech savvy of oulik jy dink jy is nie, hierdie mense is een tree voor jou. Wees wakker, jou kind is dalk volgende, dis scary maar ek belowe jou dis realiteit!!

4 thoughts on “Die Monster in my tablet

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s