Koljander, Koljander so deur die bos …….

Hoe sal mens ooit die woorde hê om 2020 te kan beskryf, sodat ek hom kan afskryf en agter my sit?

Is dit ooit moontlik, ek twyfel. Op die laaste dag van hierdie jaar staar ek na my bondel wasgoed en dink, ja wel hierdie jaar was net soos jy. Nimmereindigend en ook so onvermydelik. Ek dink aan die dae wat ek so gestress het oor wat voorlê en hoe dit sou wees aan die einde van hierdie jaar. Dan besef ek maar dit was alles verniet. Elke traan wat ek gestort het van onsekerheid, en ek en my huisgesin het nogsteeds genoeg.

Ek en my gesin is nogsteeds hier, gesond en sonder letsels. Ons is oorwinnaars aan die einde van hierdie stryd. Hierdie jaar was nie net sleg nie, ons het baie goeie herrineringe ook gemaak. Ons het dinge van onsself geleer en ook van mekaar geleer. Ons het weer onthou om terug te keer aarde toe, om saam te staan as ons moet, en om hard te werk vir dit wat ons nodig het. Ons het weer besef wat nodig is om na onsself te kyk, fisies en emosioneel. Dat hierdie lewe nie net vanselfsprekend gevat mag word nie, en dat ons tyd op hierdie aarde soms korter kan wees as wat ons verwag.

Dit het ons weer nader aan mekaar gebring. Ek hoop dat ons met ander oë na 2021 sal kan kyk, dat ons sal besef dat die hier en nou nie die einde van jou paadjie is nie, maar, dat dit net die begin is. Dat ons nou weer kans het om oopkop deur hierdie jaar te stap, dat al is daar dorings en al loop ons deur slaggate ons met die regte skoene sal loop. Dat ons styf sal vashou aan die wete dat ons nooit alleen is nie, dat daar altyd iemand is wat bereid is om ‘n endjie saam met jou te stap.

Geen wens sal genoeg wees om hierdie jaar te betree nie, hoop en duim vashou ook nie, hierdie jaar gaan wees wat jy daarvan maak, gaan jy elke dag die tyd insit om jou lewe te lei. Of gaan jy op jou agterstoep bly sit en kyk hoe die dag by jou verby gaan. Gryp tyd met albei hande styf vas en hou op wag vir iets anders om oor jou pad te kom……..

2 thoughts on “Koljander, Koljander so deur die bos …….

  1. Baie mense het elke jaar ‘n 2020. Dis net baie bevoorregte mense wat dit nog altyd misgeloop het en eers in 2020 uitgevind hoe die res van ons leef. Terwyl SAA en die Staatsdiens staak vir nog meer, en nooit meer staak vir meer werk nie, verdien selfs senior mense by die V&A Waterfront se winkels so min as R2 000 pm. Nee, dis nie ‘n opinie of ‘n tikfout nie. En boonop het hulle hulle werk verloor.

    Ek en Meesgeliefde doen vir dekades vryskutsendingwerk en kan jou nagmerries gee met vertellings oor ons lewens, ook wat mense rondom ons elke dag beleef het in 2001, 2009, 2012…..want alle jare was dieselfde.

    Die ou liedjie was eers Aljander Aljander deur die Bos totdat skoolkinders nie meer leiding van ingeligte grootmense gekry of aanvaar het nie.

  2. Reblogged this on blogboer and commented:
    Die Bybel stel duidelik dat dit net al erger sal gaan. Lees Openbaring 13, daardie ding is naby. Ek is ‘n IT-kundige.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s