
Jy is maar net ‘n spikkel in die uitspansel, en jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. Hoekom dan bang wees? Daar is ‘n gesegde wat sê wees jouself en die regte mense sal vir jou lief wees. Dit is beslis my motto in die lewe. Dit het my lank gevat om te aanvaar dat jy nie almal kan gelukkig maak nie, en dat almal nie van jou gaan hou nie. Maar op die nippertjie van my 40ste jaar op aarde dink ek mens raak gemaklik. Ek het geleer om my sê te kan sê en standpunt in te neem vir dit waarin ek glo.
Te swyg wanneer ek moet, en te praat wanneer my kop vir my skree dat dit tyd is. Dis Oktober maand en soos elke jaar spartel almal om kop bo water te hou. Hierdie jaar se nagmerrie duur voort. Soveel seer, soveel druk, soveel onodige drama. Die saga van hierdie jaar voel soos ‘n nimmereindigende donker komedie, en net ‘n paar verstaan die grap.
Ek stem so saam met jou. Hoekom weet ek nie, maar iets groots is verkeerd.