Kaalvoet

Somer is om die draai, en ons moet weer minder lae klere dra, en so ook van die ekstra lae vetjies ook ontslae raak. Almal is aan die oefen, elke liggaamsvorm is aan die beweeg. Ek ly aan die familiekwaal – malheid – om te oefen, en doen dit nou al sedert ek skool verlaat het, hetsy in gym, openbare park of in my huis. My kinders ken my so, winter, lente, herfs of somer.

So stap ek en ‘n vriendin weer een oggend om die dam en gesels, varslug terapie. Na die eerste rondte begin haar nuwe tekkies toe druk en daar stap sy kaalvoet verder. As die lewe jou druk trek uit jou skoene en stap hom kaalvoet verder. Dit het ek by haar gesteel en gesê dit gaan hierdie week deelmaak van my blog. Want wat ‘n treffende stukkie waarheid. Hoe nader aan die natuur mens beweeg hoe beter die bewustheid om terug te keer na jou wortels. Ek en my man spot elke dag ons gaan al ons goed oppak en gypsy’s word, swerwers wat van dorp na dorp stop en van die aarde af leef. Maar dis net ‘n droom, want in ons hedendaagse bestaan kan ons nooit regtig so terugkeer na die aarde nie. Ons het drome en ideale en goed wat ons vashou en terughou. Maar ek dink primatief bly daardie begeerte van ons oermens nog in ons agterkop. Daardie swerwers, trekboere om nuwe dinge te beleef en ander weivelde te soek. Met die begeerte dat daar iets fantasties wag net om die draai. Dat wanneer die lewe so erg begin druk dat jy die pad vat en weer van voor af begin.

Dalk is dit die lente, of net die jaar, maar daar is altyd nuwe hoop en avontuur wat vir my knipoog. Never say never. Dalk, miskien, en hoekom nie. Geniet die nuwe seisoen. Wanneer jy moeg is vir moedeloos wees, vat die pad en kom ons kyk dalk net dalk wag daar iets opwindend om die eerste afdraai.

2 thoughts on “Kaalvoet

  1. Liewe Kaalvoet, hoe gepas is die beskrywing van vandag nie by jou blognaam nie, maar ook by situasie op die oomblik. Ons gaan terug Suid-Afrika toe, onverwags. Maar so op die Here se tyd, die grense gaan oop, ons kan veilig in die land inkom. Ek loop maklik kaalvoet, het laas jaar een geskryf oor kaalvoet in die reën in Ust’-Kamenogorsk, Kazakhstan. My skoene het nie gedruk nie, dit het onvewrags gereën en nat leer rek. Toe loop ek kaalvoet. Dit was baie, baie seer. Die klippies word deur die sneeu wat ses maande lank op hulle lê skerp gevorm terwyl deeltjies afsplits. Ek wou skoon huil, maar het net auch-ouch geloop tot by die woonstel. Die skoene moes nie seer kry nie …

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s