Om te leef en te laat leef

Hierdie week kou ek aan die gedagte van die term Leef Voluit, en wonder hoe dit dan beskryf kan word. Leef onbeskaamd, leef vry, leef sonder perke, sonder inhibisies. Die woordeboek beskryf voluit as: ten volle, heeltemal.

Hoe leef mens dan heeltemal? My siening daaroor is dat mens niks het wat jou vashou of terughou nie. Dat jy gemaklik is met jouself, eerlik en sonder skaamte vir wie wat en waar jy in die lewe is. Dat jy nie nodig het om dag na dag iets te bewys aan ander nie. Dat die wie en wat jy is vir JOUSELF ten volle genoeg is. Dat jy een met jou binnemens is.

Ek het al so baie gesmag daarna om voluit te kan lewe, so vry en sonder stress maar in vandag se lewe is dit amper onmoontlik, want almal verwag van jou om iets te wees wat in hulle boek sin maak of aanvaarbaar is. Ek was, en is nog nooit skaam vir myself of hoe ek is nie, ek het hard gewerk om myself te probeer verstaan. Maar dan kom ek soms mense tee wat so toegespin is in hulle eie koekon dat hulle spartel om asem te haal, en nie verstaan hoekom hulle vasgevang voel nie. As jy alewig ander onder ‘n vergrootglas gaan oordeel, gaan jy die lewe net vir jouself moeilik maak, want niemand sal dan ooit goed genoeg wees nie. Jy draai jou vas in jou eie nonsens en alledaagse onbenillighede dat daar niks beweegruimte vir jou is om vry te wees nie.

Soms moet mens laat gaan aan daardie dinge wat jy so verblind en besef dat die lewe oor baie meer gaan as net dit wat jy om jou het, dat liefde nie in goed kan wees nie, maar in mense. Dat niks vir jou ooit sal kan omgee soos jou hartsmense nie, en jy alleen is verantwoordelik om daardie liefde te aanvaar. As jy gaan vasklou aan daardie ballon gaan hy net naderhand bars en jy het dan niks om te wys nie. Want al jou maatjies het al huistoe gegaan en wou nie met jou speel nie, want jy was die een wat jou blind gestaar het teen die tydelike.

Daar is niks meer waardevol as die liefde wat jy uitdeel en ontvang nie, spesiale tye en goeie geselskap nie. Geen geld of item kan dit ooit koop of vervang nie.

“The most precious jewels, you’ll ever have around your neck, are the arms of your children.”

2 thoughts on “Om te leef en te laat leef

  1. Die lewe is ver van ideaal af en mense meet jou aan jou kar, jou huis en allerhande standaarde wat vir hulle belangrik is. Ek moet myself heeldag verduidelik aan heilige piete wat Bybelversies gebruik as ammuniesie en nie as die lokaas wat dit moes wees nie. Sien, ek het sewe groot goete met my hart gehad, twaalf kluite deur my brein en toe alles verloor. En die verdomde gemeenskap daar buite verwag ek moet NORMAAL optree, sonder dat ek eens ‘n selfoon het, allerhande besigheid uit NIKS begin en my dan vertrap as ek nie “saamwerk” nie. Terselfdertyd raas die dokter en die neuroloog en die terapeut oor ek “te vinnig” aangaan.

    Ek leef so goed ek kan onder omstandighede. Plaas dat my kritici biki hand in eie sak steek en my ophelp maar vir meer as twee dekades word ek in die tande geskop en ek is gatvol.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s