Dis heerlike lente 2020

Hierdie jaar het ons geforseer om uit ons boks te klim, hom totaal weg te gooi en in ‘n ander boks te probeer klim. Nog nooit was daar in so kort tydperk soveel skommelinge nie, dis tussen Move One Million, #Iamstaying, Stop Farm murders en nog vele meer wat mense tot ander insigte probeer dwing, daar is ‘n oproering in mense se gemoed om anders oor hulle hedendaagse bestaan te probeer dink. Dan wonder ek hoekom juis nou, hierdie jaar in 2020 is dit omdat die pandemie mens laat besef het die dood is soms nader as wat jy wil besef, dat ons tyd gehad het om te besin oor dit waarmee ons besig is, dat ons meer uit die lewe wil hê, meer vir onsself en meer vir die mense om ons?

Lente het hier aangebreek, en soos dit traditioneel verwag word, lekker koud en nat. Hierdie jaar was die winter koud, die Augustus wind sterk en lente nat, so die natuur het teruggekeer na sy normaal, want ons was vir eens elders besig om te skommel, ons het soos homing pigeons vir eens om ons eie nes begin skrop. Ons eie gemoed begin bevraagteken. Ons denkwyse het geskuif en is nogsteeds besig om te skuif in rigtings wat verlede jaar nog ongehoord was. Dis asof mense besef hulle het nog ‘n stem, en wil dit weer gebruik, hulle wil deel wees van iets beter en groter as net hulself.

Maar met jou stem kom ‘n groot verantwoordelikheid, en soms word dit misgekyk, jy het die reg om te kan sê en voel en ‘n standpunt in te neem, maar onthou dit het altyd nagevolge, soos daardie klippie wat jy in die water gooi, is jy gereed vir die golf wat dit gaan veroorsaak, want hoe groter daai klip hoe groter die golf wat jy gaan moet hanteer. Ek was nog altyd rebels en anders en het in my eie rigting probeer ingaan wanneer almal in dieselfde rigting beweeg. En so ook het al hierdie “movements” my rooi ligte laat begin flikker, want weet jy regtig waarvoor jy jouself oopmaak, glo jy in jou hart aan daardie standpunt en sal jy daarvoor kan doodgaan? As jy ja antwoord dan is dit goed en ek is bly, maar moenie daardie standpunt maak net omdat jy raak gesien wil word in die massas nie. Wees daardie een wat die mikrofoon sal gryp en van die podium afgegooi sal word omdat jy so sterk daaroor voel dat jy jou bra sal brand 😉

Soos in die hippie era is daar nou weer mense wat sterk oor hulle saak voel, en dan is daar die floaters wat niks beter het om te doen nie, en net saam met die crowd gaan. Peace and love was nog altyd ‘n goeie fantasie. Ek staan ook saam met die movements want gebeur en ek is bereid om my mond oop te maak en te skree van die podium af dat genoeg nou genoeg is. Dat ons moeg is vir korrupsie en geld wassery en dat ons mense honger, moeg en gemoor word en dat ons nie meer kans sien vir aangaan nie. Maar ek stem nie saam met rassime van enige volk of nasie nie, en sodra ons begin uitsonder dan verroorsaak ons nasie diskriminasie.

In the great scheme of things, bly ons maar net die puppets wat spring soos die meesters ons wil hê. Soos in die natuur sal daar altyd die voedselketting wees, en ons bly maar die werker bye wat swoeg sodat die mense bo ons kan lekker leef.

Hoe meer bewusmaking ons oorsee kry, hoe meer stroom die geld in die top van die voedingskema se sakke in, want die werker bye kan net nie meer voorbly nie, die koffers hier is leeg. So hoe dan nou, kom ons kry mense van buite om ons nou te dra.

Gaan ons dan hierdie golf kan ry, of gaan ons weer druipnat uit die water kom met niks om te wys nie. Dink vir jouself, nou ja ek het klaar geskree van die podium af en gaan nou die mikrofoon neersit. Al wat ek vra is moenie blindelings aan jou neus gelei word nie.

2 thoughts on “Dis heerlike lente 2020

  1. Soms moet mens maar opstaan en jou stem dik maak. Die plaasmoorde is verskriklik. En as mense direk geraak word, is dit te verstane dat hulle emosioneel gaan reageer. Ek vrees dit elke keer as ek nuus kry, my mense woon op plase. My hartsvriende is boere.

  2. Beslis, dis regtig baie baie erg, en ons word almal op ‘n manier hierdeur geraak, vir my is dit net erg dat ons land so korup is dat daar altyd ‘n manier is hoe hulle die goedheid van ‘n saak kan omdraai en tot hulle voordeel gebruik. Ek stem beslis daarmee saam dat almal moet opstaan en ‘n standpunt inneem. Daar is net baie oneerlike mense wat daarby baat as ‘n klomp mense probeer om ander te help. Ons is dankbaar dat meeste mense oorsee ons hulpkreed kan hoor, maar die probleem is dat al die geld wat geskenk word vir sulke tipe situasies spoorloos verdwyn en nooit daardie saak help nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s