Het Jakkals en Wolf my skapies gesteel?

Vir my gaan slaap en vrede hand aan hand, sedert my kinderdae het ek nog nooit ‘n probleem daarmee gehad nie, as my kop ‘n kussing getref het, het ek dadelik in droomland opgeeindig. Maar die laaste paar jaar is dit ‘n eindelose stryd om daardie vrede te vind. Ek voel heeldag soos die halfdooie wat net deur die motions van die lewe gaan, want snags lê ek soms vir ure lank en rondrol. Wikipedia beskryf slaap as:

Slaap is ’n natuurlike toestand van die liggaam en gees wat gekenmerk word deur ’n veranderde bewustheid, relatief min sintuiglike aktiwiteit, minder spieraktiwiteit, die onderdrukking van byna alle willekeurige spiere tydens die REM-slaapfase,[1] en verminderde wisselwerkings met die omgewing.[2] Dit word van ’n wakker toestand onderskei deur ’n afname in die vermoë om op stimulusse te reageer, maar dit is meer reaktief as ’n koma of bewussynsteurings en toon baie verskillende en aktiewe breinpatrone.

Slaap kom in herhalende fases voor waarin die liggaam wissel tussen twee afsonderlike modusse: REM-slaap en nie-REM- of NREM-slaap. Hoewel REM in Engels vir rapid eye movement (“vinnige oogbewegings”) staan, het hierdie slaapmodus baie ander aspekte, insluitende feitlike verlamming van die liggaam. ’n Bekende aspek van slaap is ’n droom, ’n ervaring in min of meer ’n vertellende vorm wat baie met ’n wakker toestand ooreenstem, maar later gewoonlik as ’n fantasie onderskei kan word. Gedurende slaap is die grootste deel van die liggaam se stelsels in ’n anaboliese toestand, en dit help om die immuun-senu-skelet– en spierstelsels te herstel; dit is belangrike prosesse wat die gemoedstoestand-, geheue- en kognitiewe funksies onderhou en ’n groot rol speel in die werking van die endokriene en immuunstelsel.[3]

Die interne horlosie van die liggaam bevorder daaglikse slaap tydens die nagure. Die uiteenlopende doele en meganismes van slaap is die onderwerp van aansienlike en voortdurende navorsing.[4] Slaap is algemene gedrag dwarsdeur die evolusie van diere.[5]

Wat is dit dan wat my vrede so steel, die geweld in ons land wat mens heelnag laat luister wat om jou huis aangaan, die stress van ons lewe? En dan is daar die nou en dan op ‘n sondag middag wat ek myself oorgee aan die wonder van daardie vrede, dan kan my kinders net nie genoeg geraas kry in die huis nie. Daar is regtig so ‘n situasie waar jy kan moeg wees vir moeg wees. Ek is nou daar. Enige raad en advies is welkom, ek dink my brein het homself nou oorgesit in survival mode.

8 thoughts on “Het Jakkals en Wolf my skapies gesteel?

  1. Ek moet eerlik wees, ek kan nogal bietjie met hoe jy voel, identifiseer. Ek slaap ook deesdae slegter, ligter, en as iets my eers wakker gemaak het, dan is dit verby. Al die warboel van gedagtes wat so rondhol, laat my soms moeg opstaan.

  2. Ek is seker die geweld in die land laat mens ligter slaap, makliker wakker word. Daar is dinge wat mens blykbaar nie moet doen voor jy gaan slaap nie. TV kyk se blou lig is blykbaar nie goed vir mens nie. En dan kan jy groentee probeer. Dit help vir ons. Geen koffie na 4 in die middae nie, anders hou dit mens wakker. En probeer so uur voor slapenstyd om nie op ‘n rekenaar te werk nie. Die brein skakel dan nie af nie, hy is nog besig met verwerking.

    1. Baie dankie, ek drink ook elke aand my koppie groentee, en probeer koffie vermy en ook die tv voor slaaptyd, ek vermoed dis maar die allerdaagse spanning en geweld in ons land wat veroorsaak dat mens so sleg laat slaap. Sal probeer mediteer voor slaaptyd om te kyk of dit dalk sal help?

  3. Ek wens ek weet. Dis 18 minute oor 3 in die nag en ek le al van half 2 af wakker. 🙄🙄🙄 En ek werk vrek hard. Ek het rus nodig. Slaap pille werk glad nie met my nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s