As die Perde Horings kry

Vandag wil ek daardie bitter sensitiewe saak aanraak, want dis tyd, ons kan nie meer die ander wang draai en ons oogklappies probeer aanhou nie. Ons almal het familie en vriende op plase, waarvoor ons elke dag ‘n ekstra gebedtjie opsê. Maar weet ons regtig? Ons staan in die supermark voor al die lekker vars groente, vleis, melk en brood en het ons vir een oomblik gewonder hoe dit moet wees om elke dag te leef in vrees? Sodat ek en jy ons woollies, checkers, Pick&Pay, spar of waar ookal jy koop se vars produkte kan hê. Aai en kan ons kla as ons gunsteling nie op die rak is nie.

Maar het jy vir ‘n oomblik gaan stilstaan en wonder, hoe dit moet wees om te leef in vrees, elke oomblik. Want nie te min as mens in SA bly, lewe jy ook in vrees, maar daardie is ‘n ander soort vrees. Dis vir die regte egte monster wat jou kom oorval wanneer jy dit die minste verwag, wanneer jy swak, oud en op jou gemak is. Ons almal het al stukke gelees oor plaasmoorde, en dit gee my nagmerries, soveel so dat ek my strykyster gaan ver weg bere het want ek kan net nie met dieselfde oë na dit kyk nie. Soveel haat, soveel pyn, soveel wreedheid en soveel bloed is al gestort.

Daar is ‘n pyn diep binne my siel, elke keer as ek iets daarvan raak lees of sien, die tipe wat jou so kwaad maak jy wil sommer ‘n gat in jou muur slaan, want ons hande is afgekap, ons mense word uitgewis, en die lewe gaan aan, mense is te bang, te lafhartig te mens om te erken dat ons lewens niks meer werd is nie. Gaan julle besef daar is ‘n probleem, mense in die hooggeplaasde poste as jou gunsteling beskuit of brood of stuk vleis nie meer op woolworths se rakke is nie? Of gaan ons dan maar net nogsteeds die blinde oog draai en kyk om nie te sien nie?

5 thoughts on “As die Perde Horings kry

  1. Dit gebeur in die dorpe ook, mense praat van plaasmoorde maar my ouers se huis was ‘n paar maal binnegedring. Elke keer het ‘n fris jong buurman toevallig opgedaag voordat iets kon gebeur.

    Pa se buurman het vir armes kos gegee en is ‘n paar jaar later beloon met ‘n bospik wat sy skedel oopgekloof het. In dieselfde week is nog ‘n man in sy laat middeljare wreed tuis vermoor. So kan ek aangaan. Dit gebeur met ouer mense veral maar die nuus is nie prominent nie want dis nie plaasmoord nie.

      1. Dit is. Ek het ook ervaring van plaasaanvalle en iemand wat ek geken het, is naby Stellenbosch vermoor, nog een aangeval, my skoonsus se skoonfamilie is ook aangeval.

        Ek is lank voor 1994 ‘n paar maal in Pta beroof, terwyl dit gelyk het asof SAPS aan hulle beskerming verleen het. In die sg goeie ou dae. My neef, wat in SAPS was, is deur sy eie kollegas beroof. Lank voor ’94.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s