Wonderwerke – Week 18

Soms laat situasies my totaal sprakeloos en ek het nie eers woorde om dit te beskryf nie. Jy lees die nuus en sien heeltyd doom and gloom orals waar jy kyk. Bebloede mense op jou tydlyn en hartseer,siekte en ongeluk, en jy wonder is daar nog goedheid iewers in die wereld?

Dan op jou eie agterstoep gebeur ‘n wonderwerk, en jy moet eers ‘n paar keer jou oë knip om seker te maak jy droom nie. Jy besef daar is nog goeie mense, daar is nog goedheid en genade en mense wat omgee. Ewe skielik voel dit verfrissend om weer te leef en jy het weer moed, want jy het op die punt van die reënboog uitgekom en daar was nie ‘n pot goud nie, nee, daar was uitgestrekte arms wat jou omvou. Dat jy ook verdien om ‘n wonderwerk te kry.

Hierdie week het my perspektief weer geskuif en ek het weereens besef hoe magtig ‘n gemeenskap mense kan wees, dat wanneer ‘n klomp mense mekaar ondersteun en help, kan daar net beter dinge om jou gebeur. Wanneer jy goedheid, positiwiteit en ‘n goeie gesindheid uitstraal sal daardie selfde dinge weer terug na jou toe kom. En jy sal genoeg ontvang wat jy nodig het. Wanneer jy mense met liefde en respek behandel en help en ondersteun, al kan jy net soms tyd en ‘n oor gee om na iemand se storie te luister, het jy iets in die atmosfeer om jou verander en jy het die skakelaar gedruk om jou lewe te verlig.

Ek het onlangs my tannie Dr Adeline Twigge se boek gelees: Goodness and Kindness a Currency for Success en haar boodskap was duidelik, ek kwoteer: When people come together to do what they love, something symphonic/magical happens. m.a.w. saam is ons sterker en kan ons meer vermag.

Ek het al aan die einde van verlede jaar ‘n besluit geneem om elke dag ‘n positiewe boodskap uit te stuur en deel dit op my whatsapp status en fb, want wanneer jy die eerste tree gee om mense se gesindheid te verander, is dit later soos duisende domino’s wat tuimel, een vir een. Dit vat een vuurhoutjie om vir ‘n oomblik ‘n hele vertrek te verlig. Wees daardie vuurhoutjie vir daardie oomblik. Jy word ook soms moeg om altyd positief te moet wees en die goeie in elke situasie te probeer sien, maar wanneer dit ‘n defnitiewe besluit is wat jy geneem het is dit asof jou brein dadelik self die omwenteling maak en die negatiewe dinge op die agter sitplek meeste van die tyd gaan sit.

Don’t wait for change, be the the change.

4 thoughts on “Wonderwerke – Week 18

  1. Mense koop die positief -idee en hardloop daarmee, maar by meeste is dit bekpraatjies. WhatsApp en Twitter het my gou geleer dat die mees negatiewe, afbrekende mense mooi memes plaas van cuddly katjies, pienk rosies en engeltjies maar dan omdraai en skinder, kwaadpraat en vreeslike gesindhede openbaar.

    Net soos die evangelies van Jesus, moet die boodskap kom tot by die vingerpunte en tone, as die bleod dit vanaf die hart dit daarheen geneem het, sodat dit die hande en voete kan motiveer. Maar by meeste kom dit nooit eens by die hart uit nie.

    Ek en my vrou oorleef op wonderwerke, daar gebeur sommer ‘n hele paar elke dag en dat ons, ten spyte van omstandighede, steeds opstaan soggens is alreeds positief. beurtkrag en inperking is ligte goedjies waat nie ‘n mens se glimlag met verklein of jou gemoed moet affekteer nie, maar my positiewe vriende kla steen en been oor ongeskikte klandiesie in die winkel of apteek, oor die elektriese hek wat nie wil nie – gebruik dan maar die tuinhekkie en stap, die dorpie is klein. Maar dit kerm steen en been – ek noem Kaapstad lankal alk Whineberg!

    Wonderwerke is baie sigbaar slegs wanneer ons weet hoe om dit te herken, reken ek.

    1. Ek wou sommer net gou vinnig skryf dat ek hou van jou skryfwerk, dat ek saamstem met die opinie oor die sosiale media en klaagstene. Maar toe stop ek, gaan terug en lees dit weer. En weer. Dit is so waar en goed gestel.

      1. Ag baie dankie, ek waardeer. Ek verwag ook nie dat mense altyd saamstem nie, almal het nie dieselfde paadjie geloop nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s