Terug op die brug – Week 16

Nou ja ek het nie geluister wat die Chief in Charge gisteraand gesê het nie, aan die begin van die geveg het ons seker gemaak ons mis nie die toespraak nie, toe was alles nog nuut en in ‘n mate opwindend. Nou is dit asof ons lood aan ons voete het en probeer swem in ‘n baie diep meer. Mens kom net nie bo nie. Ek het wel na die tyd gelees dat ons nou alweer nie mag alkohol koop nie en dat alles nou weer streng beheer gaan word soos kuiers ens. Ons getalle is te hoog en die hospitale kom nie voor nie maar nou vra ek met trane in my oë, berei die hospitale nie nou al voor sedert Maart nie? Waar is al daardie Biljoene wat geskenk is om hulle voor te berei?? Soos ek mense op die gesig boek sien kla het, dit help regtig nie jy straf die hele nasie vir ‘n paar mense wat hulle nie kan gedra nie. En hoe het mense nog geld om so te drink dat hulle mekaar aanrand en in die hospitaal beland? Ek weet nie van julle nie maar sjoe ek dink nie met R350 kan mens so baie koop nie?

Ons ken nou al mense wat positief getoets word vir Covid, so die virus beweeg nou al in mens se nabye sirkels. Elke hoes en nies word ontleed. Ek self was vir ‘n week lank siek, en die duiwel het meer as eenkeer in my oor kom fluister – Rona is dit jy??

My verjaarsdag hierdie jaar het ook gekom en net so vinnig weer gegaan, en soos almal wat gebel het, het ek mooi gesê dat hierdie jaar nie tel nie want wie wil nou regtig in 2020 ouer word, die jaar is ‘n totale konsternasie niks is soos dit moet wees nie. Soos met Monopoly gaan ek net my kans kaartjie vat en verby alles beweeg tot by begin. En hoop dat ons ‘n beter begin kan hê binnekort.

Maar vir nou is elkeen se persoonlike struggle real, deur dit alles bly die son nog skyn en die aarde bly draai en die lewe gaan aan. Klou vas aan dit wat jy nodig het om jou staande te hou, moenie nou van die brug afspring of selfs onder die brug gaan lê nie. Vorentoe tree vir tree tot die donker skadu verby is en die son weer op jou gesig skyn.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s