Wanneer mens betrokke raak leer jy mense se harte ken. Alleenlik dan maak jy ñ verskil. Die stand van ons land, moorde ens maak ons hartseer en moedeloos maar ons hande is afgekap want niemand hoor ons nie. Charity begins at home. Deur om ń verskil in jou onmiddelike omgewing te maak verbeter jy jou en almal om jou se lewe, en dit kring uit tot jy verder en meer mense kan bereik deur die 1 klippie wat jy in die water gegooi het. In hierdie berig is wat ons area sover reggekry het, en dis moontlik vir almal. Raak betrokke by jou mense, jou bure, en stukkie vir stukkie herstel ons ń groter prentjie. Hoe herstel ons ń probleem? Deur om op te staan van ons gemakstoel en ons hand uit te steek.
