My liefdesbelofte

Hierdie week is dit ons 14 jaar huweliksherdenking, en oh wee is dit maar ‘n droewige een hierdie jaar. Mense praat altyd van daardie sewe sakke sout wat jy saam moet opeet, genade ek dink ons het al sewe sakke klippe gekou die afgelope 14 jaar, gin wonder die hare op die tande is ook maar min nie, want dis ook alreeds weggevreet. Maar ons stoom voort, ons sien weer uit na vakansies en beter dae, want na elke heuwel wat jy klim is daar ‘n lieflike uitsig en heerlike afdraande om na uit te sien.

Op ons huweliks bevestiging het ek hierdie woorde met almal gedeel in my toespraak, en ek voel na 14 jaar nogsteeds dieselfde:

In die woorde van Dr Harry Stack Sullivan wil ek aan julle die liefde verduidelik:

Wanneer die tevredeheid, sekerheid en groei van ‘n ander vir jou net soveel beteken as jou eie, is daar liefde.

Vriende, familie en my man,

ek het simboliek ingebring op ons huweliksbevestiging vandag, julle elkeen het ‘n plak sjokolade met julle uitnodiging ontvang, dit simboliseer die soet. Op die tafels sal jul suurlemoene sien, dit simboliseer die bitter.

Enige iets wat ons in die lewe suksesvol wil aanpak vat harde werk, so ook die huwelik.

Daar is jou dae van soet en ook jou dae van bitter. Maar wanneer die bitter die oorhand het glo ek dat die soet jou sal herriner dat dit alles die moeite werd is.

My liefling op die vooraand van ons lewensreis, mag ons bagasie lig wees, ons harte jubelind, die pad sonder slaggate, en mag die musiek in my ore altyd jou stem wees.

Dan wil ek afsluit met ‘n gedig wat ek aan jou geskryf het:

My Liefdesbelofte

Vir jou sal ek die eerste blom van lente gaan soek.

Die eerste reëndruppel van somer,

eerste blaar wat verkleur in herfs.

Die vlokkie sneeu wat eerste aarde toe tuimel in winter.

Op land en op see,

oor berge en riviere sal ek soek,

want met woorde sal ek nooit aan jou

my liefde kan beklemtoon.

Ek het jou lief wil ek aan jou fluister, skree en sing.

Maar eerder sal ek jou bemin

met my liggaam en ook my siel.

Die laaste asem in my longe sal ek aan jou gee,

elke druppel bloed in my are.

In ons grysdae wil ek soggens my oë oopmaak

en jou steeds by my vind.

Totdat ons albei hierdie lewe verlaat,

is jy my lewensmaat.

-Adeléne Hartzenberg 27 Mei 2006

3 thoughts on “My liefdesbelofte

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s