Grendeltyd 2020 – Week 5

Daar is ‘n piepklein ligstraaltjie aan die ander kant van hierdie grendeltyd donker wolk. Ons staar en gryp na hom asof ons laaste asem daarvan afhang. Maar in ‘n mate weet ons dat dit nie nou al kan eindig nie, want ons getalle begin erg styg en so ook ons dodetal, en ons winter lê nog voor. Winkels naby aan ons se mense begin positief toets, en meeste mense se marbles rol al die hele vloer vol.

Almal verlang na hulle vorige lewe, toe alles nog “normaal” was. Maar dis asof almal vergeet het dat die normaal ook maar nie perfek was nie. Mense hou van kla en ontvrede wees. Dis moeiliker om die goeie in ‘n situasie raak te sien as die slegte.

Wat het ons sover in hierdie tyd geleer?

  1. Almal kan vir hulle self kos maak! (mens hoef nie elke dag wegneem etes of resturant kos te eet nie. Jou eie kos is baie lekkerder en gesonder.)
  2. Ons kan aanhou leef sonder sigarette en alkohol. Niemand is nog sover dood aan ontrekkings simptome nie.
  3. Jy kan jou eie huis skoon hou en netjies wees.
  4. Jou kinders is net so slim en oulik soos ander mense sin as jy hulle net leer ken. Hulle floreer met verantwoordelikheid, so gun hulle om jou te help.
  5. Jy het nie ander mense heeltyd nodig nie, jy kan funksioneer op jou eie, en jou vrou/man se geselskap is ook lekker.
  6. Ons almal kan met minder klaar kom as ons moet.
  7. Mens word nie so maklik siek soos jy dink nie.
  8. Jy kan by die huis oefen.
  9. Jy spaar baie geld as jy nie hoef rond te ry nie.
  10. Niemand is beter as iemand anders nie, ons is almal ewe menslik en het dieselfde primitiewe behoeftes, om ons gesin te versorg, te eet, te slaap en gesond te wees.
  11. Dis jou eie verantwoordelikheid om jou kinders maniere en goeie gedrag te leer, want niemand anders behalwe jy gaan op die ou end daarmee sit as jou kinders ongeskik en onopgevoed is nie.
  12. Dis moeilik om ‘n onderwyser te wees 😉
  13. Almal word bang.
  14. Die wereld hou aan draai, al het die mensdom afgeklim.
  15. Natuur kom altyd eerste.
  16. Rou eiers is nie goed vir jou nie.
  17. Ons is almal baie sterker en meer aanpasbaar as wat ons dink ons is.
  18. En as jy ‘n masker dra hoef jy nie grimering aan te sit nie, wen wen situasie.
  19. Sodra jy ‘n masker aan het jeuk jou neus. Of jou gesig, en ons almal lyk ewe simpel met maskers aan, so dra joune, dis nie ‘n fashion show nie.
  20. Ons almal het verskuilde talente, dis nou die tyd om dit onder die maat emmer uit te haal.

Ring‐a‐Ring o’ RosesSong by Charlotte Gainsbourg

Ring-a-ring o’roses, pocketful of posies, we all fall down
Round and round in circle, waiting for a miracle, kiss the ground
Ring-a-ring o’roses, pocketful of posies, we all fall down
Round and round in circle, waiting for a miracle, kiss the ground

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s