Hoe dan anders? – Inperking – Week 4 (Die donker wil inkruip)

Om elke dag positief te wees is uitputtend. Jy gee en gee en gee, om niks terug te verwag nie, want jy verhef jouself en almal tot op vlakke waar dit soms bo-menslik raak. Maar soms wens jy dat daar iemand anders was wat ook jou hand kan vat en sê, kom dis nou my beurt om jou te dra, ek kan sien jy is moeg. Die wenstreep is net om die draai.

Dis eensaam soms alleen op jou positiewe wolk. Want meeste mense hoef nie hulself elke sekonde van die dag moed in te praat nie, maar vir jou is dit nodig, dis die manier hoe jy jouself kan kry om op te staan en nog ‘n dag in die gesig te staar. Dis jou hoop, jou beker moet oorloop anders spartel jy soms in wanhoop. Jy skryf en pos die boodskappies en partydae voel dit jy praat nonsens en mense gaan jou uitskel in die straat. Jy praat te veel en doen te min. Of altans skryf te veel. Jy is te eerlik, te naak, te ………………….. jy.

Dan skuif jy maar weer die negatiewe gedagtes opsy en jy sit op daai smile en pretend dat alles hunky dory is. Hoe dan anders?

Maar meeste van die tyd is dit blerrie eensaam op jou planeet en jy wens daar was nog ‘n marsmannetjie soos jy.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s