Inperking – Week 2

Dis die einde van die maand, ons het so paar essensiële goedjies in die koskas en yskas nodig. Ek trek die kortste strooitjie en skraap moed bymekaar om die winkels aan te pak. Ek ry na ons naaste Checkers en sien magtig die winkel se ry is langer aan die buitekant as wat dit my gaan vat om die goedjies in my trollie te laai binnekant, ek maak ‘n u-draai vir my kar, nee wat ek ry eerder na ‘n ander winkel. By spar is dit stiller en die inkopies vorder darem vinnig. Ek saam met die res van die klante drentel soos gemaskerde zombies heen en weer, genadiglik as mense in Zombies verander met hierdie siekte sal niemand mekaar kan byt nie want almal se masker sal dit darem afkeer.

Mense se oë lyk dof van al die tv kyk en slaap of dalk is dit al die sanitizer wat ons bedwelm laat lyk. Maar genadiglik gaan die inkopie sessie darem sonder te veel pyn en leiding verby. Ek kom by die huis, pak alles uit die kar, en gaan stort die res van die dorp se kieme en siektes van my lyf af.

Soms in die nag as ek wakker lê kan ek nie glo dat ons lewe in die kwessie van ‘n maand handomkeer verander het nie. Stede lyk soos spook dorpe, strate is verlate. Mense kla van verveeldheid. Terwyl daar ‘n tikkende tydbom wag om te ontplof. Ons trek die belt weer bietjie stywer in, en maak lysies van wat regtig noodsaaklik is. Ons hoop dat die banke hierdie maand sal verstaan. Ons praat met familie en vriende oor skermpies, en probeer uitmaak of almal darem nog positief is. Stuur daaglikse grappies vir vriende. Almal het hulle eie manier van oorleef, en nooit sou ons kon raai dat in 2020 ons van voor af gaan moet leer om te leef nie.

2 thoughts on “Inperking – Week 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s