Corona

Dis op almal se tong, in almal se agterkop, ons probeer nie paniekerig raak nie (wel sommiges van ons) ons sanitize maar en gebruik meer wetwipes as wat ons gebruik het toe ons babas in die huis gehad het. Mens se hande voel droog en te skoon. Onbewus raak jy bewus van elke keer wat jy aan jou gesig raak, of as iemand om jou hoes. Jy lees die informasie en weet dis maar  net ‘n siekte wat meeste van herstel. Maar nogsteeds wil jy nie een van die gevalle wees wat dit wel kry nie. Jy wil nie hê iemand in jou gesin vriende of familie moet dit kry nie.  Jy sien die bekommernis in jou kinders se gesigte as hulle daarvan oor die radio hoor, of statistieke op die rekenaar raaksien. Ons praat daaroor, en hulle praat daaroor. Daarom gee ek hulle die statistieke die regte informasie.

Ek dink baie van ons het al die films of TV programme gesien wat wys hoe ‘n siekte uitbreek en dan die hele wereld uitwis, of almal in zombies verander en daarom raak baie van ons histeries want dis soms moeilik vir van ons om realiteit van fantasie te onderskei. Dit help ook nie ons begrawe ons kop onder die sand nie, hierdie is ‘n waarheid en werklikheid, die sterkstes en slimstes sal oorleef. Die lewe gaan aan. Jy kyk in die winkel en sien, oh dankie tog ons het nog toiletpapier! Suid-Afrikaners is nog nie heeltemal van hulle sinne beroof nie. Ons bly meer tuis en gaan minder na publieke plekke toe. Dalk kan ons daardie ou bordspeletjies bietjie afstof, en wens ons het iewers ‘n houthuis in die bos gehad 😉

Ek vind myself in Checkers, sekere produkte se rakke is leeg, ek loop deur die gange, en sien hoe mense aangaan met hulle daaglikse bestaan, ek voel ‘n paniek oor my kom en druk die gevoel vinnig weer terug, terwyl hulle oor die luidspreker afkondig hoe om jou hande te was en te hoes. Ek pak maar nog so paar blikkies in my trollie, nie-bederfbare goedjies, terwyl ek om my kyk en sien niemand hoes darem nie, in die ry is dit anders, ek gaan staan voor my trollie, sodat niemand bo-op my kan staan nie, ( ek was nog nooit een van mense in my persoonlike bubble nie) nou is dit 10 keer erger. Ons Suid-Afrikaaners is tuff, ons oorleef daagliks in ‘n land wat soms erger as die Wilde Weste is, tog is ons sinies en soms ook maar bietjie dom. Ons maak grappies en lag ernstige dinge soms af.

Ons mense oorleef Ebola, SARS, Varkgriep, Polonie, Pilchards, HIV, Malaria, Diefstal, Verkragtings, High Jackings, Gewapende roof, Loadshedding, geen water vir dae aaneen, en tog het ons altyd iets om oor te lag.

Lank lewe ons Suid-Afrikaaners, mag ons die wereld wys waar dawid die wortels begrawe het. Maar onthou, was jou hande. En moet nooit dink, dit sal nie met my gebeur nie, wat is die gesegde: EERDER BANG JAN AS DOOIE JAN.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s