Is dit makliker om jy te wees,
is jy die een gebore met ‘n goue lepel in jou mond.
Sal vergifnis my op die ou-end vrymaak.
Sal die skille van jou oë afval
en jy die mense op die wenstreep raak sien.
Is daar dan rede vir die voor of na.
Kan jy ook wegkruip vir die donker.
Sal daar dan ooit vrede in my hart wees.
Jy my ooit sien as ek.
Die eie ek.
Dit wat agter my is stil gaan lê,
vreesbevange dat ek sal vergeet.
Liefde vrede en vergifnis.
‘n Eindelose stryd.