Die Appel en die boom

So sit ek hierdie week langs ‘n netbalbaan, en kyk hoe my arme kind haar ma se “ball sense” gekry het. En wonder oor ons DNA, oor hoe ‘n bietjie van my en ‘n bietjie van hulle pa daardie mensie kon maak. Ongelukkig vir my kinders toe daar sport talent uitgedeel was het ek redelik agter in die ry gaan staan.

My talente lê duidelik op ander plekke. Waar my man ‘n fantastiese sportman was. Hoe dit my arme kinders se lot was/is om toe aan hulle ma se kant van die boom te wees met sport talent. Ek het op Hoërskool in die toilette gaan wegkruip as daar sport uitdunne was, want oh wee ek kon myself nie sien hardloop voor ‘n klomp bloedorstige matriekseuns nie.

Gewoonlik as ‘n bal in my rigting aan gekom het, het ek in die ander rigting begin hardloop, want soos ek altyd spot, my ouers het nie medies gehad nie, en my tande was kosbaar. Die LO juffrou het eenmaal voorgestel ek moet eerder modelwerk oorweeg. Sy het seker gesien, aai shame hierdie fairy gaan beslis nie die bal geslaan kry nie. So daarna het ek maar eerder LO gebunk en in die musiekklas gaan wegkruip want sing was meer my forté, as medisyne balle rondgooi of om oor bokkies te probeer spring.

En daar op 33 noodgedwonge om gewig af te skud ontdek ek die absolute vryheid van hardloop, en is nou spyt ek het dit nie jare vroeer toe ek nog kon buk sonder dat ek kraak of knak, begin nie. Die lekkerste lekker, van jou tekkies vasmaak en weet dis nou net jy en die pad en jou gedagtes, jy teen jouself. 

Nie te min, mens is seker nooit te oud om iets nuuts te leer nie. So ontgun elkeen maar sy talent op sy eie tyd, the good, the bad and the ugly. Ek hoop maar ons appels het van ons ander goeie talente ook geerf en dat dit vir hulle ook ‘n ondekkingsreis gaan wees om hulle te ontgun. Dat hulle ook op amper 40 sal sit en verwonderd wees oor hoe mens jouself nog kan leer ken en daar nog dinge van jouself is wat jy nooit kon raai nie. Want vervelig is ons beslis nie, soveel dae, met soveel dinge. Carpe Diem.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s