Skynheilig

Daar is ‘n polisiekar liedjie wat sê: Ek skyn Heilig, onder die straatlig, onder die maanlig” en ek het vandag weer so gevoel, en al gewonder of ander mense ook soms voel hulle skyn Heilig onder ‘n straatlig.

Is ek die enigste mens wat soms voel, ek wil uit my vel uitklim en net agter die grootste boom gaan wegkruip sodat niemand my ooit weer kan vind nie. Sodat ek nie hoef deel te neem aan die samelewing nie, ek myself in ‘n koekon kan toespin en luister na die fluisters wat van buitekant af kom. Dat ek kan afsluit en maak asof ek van Mars afkom, sonder dat mense dink ek is totaal en al van my sinne beroof.

Ek my selfoon met whatsapp groepies en sosiale sirkels in die diepsee wil ingooi. Ek voel soos repelsteeltjie wat my voete wil stamp en gesigte trek vir almal wat wil kyk.

Lagwekkend snaaks ek weet, maar soms is die lewe totaal en al mal. En almal sit vroom voor in die koor en maak asof hulle ongeneeslik normaal is. Is dit dan net ek wat wonder hoe dit moet voel om ‘n vlinder te kan wees, of om vasgevang te word in ‘n warrelwind. En waarom mense dan werklik is soos hulle is, hoe abnormaal, normaal geword het.

So Skynheilig onder die maanlig, is dit dan so verkeerd om die lang pad te kies wanneer almal eerder kortpad vat, of buite die lyne in te kleur as almal wil binne die lyne wees.

Bo in ń boom te wil sit en die son sien opkom, maar Hier sit ons nou Vasgevang in die sinnelose malheid van ure en sekondes wat aftik sonder keer.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s