Kuns om Hello te kan sê

Daar is baie A-sosiale mense in my lewe. Selfs my kinders is al so omdat ons in so siek samelewing bly dat ons deesdae die kinders vertel dat almal die “boogeyman” is, dis al so erg dat kinders glad nie mense kan vertrou nie, en die slegte ding van dit is daar is nou al ‘n hele generasie groot mense wat ook so is. Groot mense wat bang is hulle gaan gebyt word as hulle vir jou “hello” sê. Ek het in ‘n kerkhuis grootgeword, my pa ‘n prediker en van kleins af is ek geleer om tee voor te berei vir die mense wat besoek, die mooi koppies, sekere koppies is vir koffie en ander vir tee, dan het ek ingegaan, gegroet en die tee/koffie bedien, dit was my werk. Nie tyd vir skaam wees of dink mense gaan my byt nie.

Tog is die generasie so honger vir die aandag dat alles gefacebook, instagram of youtube word maar nogsteeds is hulle te bang om jou in jou oë te kan kyk, wanneer jy regtig uit jou pad uit gaan om met hulle te connect dat hulle ophelder, daardie liggie in hulle oë aangaan en jy kan sien hierdie siel wil met iemand praat. Sulke mense wil ek net omvou in ‘n groot stywe druk ( en ek is nie eers ‘n kontak mens nie) maar die wete dat hulle eintlik so eensaam voel is aaklig. Dat in ‘n wereld waar alles in jou hande is, en deur die druk van ‘n knoppie aan jou voete kan lê daar sulke eensame mense is, dat ons alles van almal weet maar niks van niemand regtig nie. Dat die sosiale front wat jy voorhou nie die ware jy is nie, want is ons afrikaanse boere volk maar nie nog altyd so nie, elkeen wil die beste ossewa hê en die mooiste uitsig/aansig vir sy huisie. Dat ons, ons bure sal uitlewer aan die vyand maar moet tog net nie aan my raak nie, ek wil op my troon bly sit en maak asof my lewe perfek is. Die slegte nuus is, niemand se lewe is perfek nie, en ja mense in glashuise se vensters wasem ook soms toe.

Vandag vra ek aan elkeen wat bang en eensaam voel, begin die mense om jou groet, nie net mompel “hello” nie, kyk hulle in die oë met ‘n glimlag, jy hoef nie verder met hulle te praat nie, maar ek belowe julle vandag dat jou hart gaan begin ligter voel, en jy gaan heeldag met ‘n glimlag op jou gesig loop, en daardie lewe wat jy wens jy het, gaan dalk net ‘n werklikheid vir jou word, want meeste mense voel nes jy, en almal het die mooiste oë. Kom ons almal leer ons kinders dis ok om net “hello” te sê, jy hoef nie te druk of soen of verder in ‘n gesprek betrokke te raak as jy nie wil nie, maar kom ons erken mekaar ook as medemense, ons almal het ons daaglikse “struggles” en ons kan baie by mekaar leer.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s