Geen pretensie geen beheer.

Daar is al so baie geskryf oor vriendskap. Die persoon waarmee jy jou lief en leed kan deel, wat jou kant vat, al weet hulle soms jy is verkeerd maar ondersteun jou in die goed en sleg van jou lewe. Of daardie vriendskap wat iemand doodeerlik met jou kan wees en jy weet dat hulle net jou beste belange op die hart het.

Ware vriendskap is soos daardie rare diamant wat gevind word en almal na hulle asem laat snak, met die wete dat dit baie werd is. Ek kan my ware hartsvriendinne op my vingers tel, wanneer ek hulle ingelaat het in my sirkel is dit vir ewig. Mense stel jou teleur, mense breek jou hart, en hoe nader hulle aan jou is, hoe seerder maak dit. Soms is dit makliker om mense op ‘n afstand te hou.

Om daardie muur te bou, en niemand te laat inkom nie. Maar soms, net soms is dit nodig om mense in te laat want hulle help om die binnehof skoon te hou, om vars blomme te plant en orde te skep in ‘n warboel van gedagtes en dinge wat ons nie altyd weet hoe om te verwerk nie.

Vriendskap ontwikkel soos jy ouer word, ons word alreeds uit soveel verskillende oorde geoordeel, oor ons ouerskap, ons huwelike, ons manier van lewe dat dit beslis nie jou vriendin se plek is om jou ook te oordeel nie, jou vriendin se plek is waar jy kan afpak, kan sug, ‘n traan kan pik, ‘n groot beker koffie kan afsluk of glas wyn of gin of wat ookal jy verkies, en kan voel dit wat jy vir haar bied is beter as enige sielkundige se bank.

Dat sy nie gaan omgee as jy gisteraand op jou kinders geskree het nie, of jy vanoggend geen grimering aan het of eergister laas jou hare gekam het nie. Jou vriendin se plek is om jou te laat voel dat jy ok is, dat jou nuwe ongekamde haarstyl die nuutste IN ding is en sy wens sy kan dit so goed laat lyk soos jy.

My hartsvriendinne, besties, sussies en ma’s julle weet wie julle is, daar is ‘n pragtige gesegde wat sê: vriendinne is die stille engele wat ons op ons voete tel wanneer ons vlerke vergeet hoe om te vlieg. 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s