Van giggels, goeters, geite en alles tussenin…….

Hierdie week donderdag is ek nou al 12 jaar ń mamma, het ek al vir 12 jaar die wonderwerk van kinders grootmaak beleef. Het ek gelag en gehuil, die klein dingetjies gevier en gejubbel oor die groot dinge.

Daar is die eerstes van alles wat jou elke jaar so oorrompel dat jy soms eers so bietjie om ń hoek moet gaan wegkruip om die trane of knop in jou keel te probeer wegsteek. Daar is die dae wat jy soms nog wens jy was by hulle eerste lag of woord want nou bly daai mond nooit stil nie. Wanneer dit voel asof jy nooit weer die woord mamma wil hoor nie, want hy is al holrug gery teen 9 uur in die aand.

Maar dan is daar daardie skelm drukkies in die gang die gesiggies wat ophelder wanneer hulle jou vir die eerste keer sien na ‘n lang dag by die skool en die ek is lief vir jou mamma voor hulle vas aan die slaap raak dat jy net wens op ń verskietende ster dat jy nooit dit vir die laaste keer kan of wil hoor nie.

Wanneer mens vir die eerste keer ń ouer word is jy vreesbevange( wel ek was) ek onthou daardie piepklein popdoek wat ek vir die eerste keer moes aansit, oh my soul dankie tog vir prentjies want ek het nie geweet watter kant is voor nie, en daai ou klein lyfie wat net joune is, en is dit nie ongelooflik hoe lekker jou baba vir jou ruik nie, asof al jou sintuie vir die eerste keer aangesit word wanneer jy daardie lyfie vashou, insluitend jou sesde sintuig.

En voor jy jou oë uitvee weet hulle nou al alles, van alles, en jy probeer bitter hard om slim te klink en ook te maak asof jy weet wat in hulle huiswerk aangaan. Lê jy in die nag en bekommer oor hulle toekoms en wens jy, jy was vandag ń beter, mooier, ryker en slimmer mens. Sodat hulle kan wees net wat hulle droom om te wees.

Ek is dalk nie die slimste, rykste of mooiste nie maar een ding is virseker, ek probeer elke dag my bes. Want daar sal nooit ń einde of ń mate of selfs ń voorwaarde aan my liefde vir julle twee wees nie. Want my hart is deel van julle DNA en klop in julle are, niks is ooit te moeilik, te ver, te groot of te swaar vir my nie, want julle is my rede vir lewe. Mag julle dit onthou wanneer die lewe vir julle ook te moeilik, te swaar of te onmoontlik voel. My hart is julle huis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s