Die gesig agter die spieel

Hierdie jaar het ek aan myself ‘n belofte gemaak, dat ek vir myself sal lief word, dat ek my liggaam siel en voorkoms ‘n kans sal gee, en dit onvoorwaardelik sal liefhê. Dat ek wanneer ek in die spieel kyk nie my slegste eienskappe sal raaksien nie, maar eerder my bestes. Dis so maklik om altyd die negatiewe dinge raak te sien, en dan daarna te dink dat mense net dit, van jou raaksien. Ek my man sal glo wanneer hy my sê ek is sy koninging. Dat ek dit sal geniet om bemin te word, deur sy versmorende liefde te blom en myself deur sy oë te probeer sien.

 

Hierdie het uit my pen gevloei die week en ek wil dit graag met julle deel:

Ek gee jou my glimlag,

Al is dit my skewe kronkel ene,

Ek glimlag met my oë, so diep,

diep uit die donker poel van my hart.

My gesig is nie volmaak en my neus ver

van die wipneus in my drome.

Maar hierdie is ek, my siel is rein soos

die witste wit van jou somerlakens.

Ek is die mooi van die vroeë oggend dou,

die gedruis van die doodse stilte na

‘n donderstorm.

Die blouste blou van die hemel

na ‘n haelstorm.

Ek is die mooi van ‘n kind se eerste lag.

Ek is die onskuld van ‘n hart wat net smag

na aanvaarding en liefde.

Die dunste engelvlerk.

My hart dra soms te swaar aan al

die werêld se kwaad en seer, dat ek op my

kniee kruip na die oase net binne my bereik.

My siel is dieper as die oseaan

en groter as enige woestyn.

Ek is ek. Onvermydelik opreg.

-Adeléne Hartzenberg – Geskryf Januarie 2020 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s