Santé

Dis weer reflection tyd van die jaar, en almal het planne vir wat hulle volgende jaar wil en gaan doen. Beter dinge, elkeen droom en beplan en beloof hulleself en ander die werêld toegedraai in blink papier. 2020 gaan ‘n jaar uit die boonste rakke wees en ons gaan, en kan, en wil die beste ons wees.

Hierdie jaar beloof ek myself om elke dag tevrede te wees, elke dag die beste weergawe van myself te wees. Om nie bang te wees om eerlik met myself of ander te wees nie. Om elke oggend dankbaar te wees vir dit wat ek het, opreg te wees, en ander minder te oordeel. Myself ook soms ‘n breek te gee en nie altyd alles oor te analiseer nie. Om die monsters in my kop te veg, en een vir een te oorwin.

Ek hoop elkeen van julle wat hier lees het vandag ook groot planne en drome, en dat hierdie jaar vir elkeen van julle die beste jaar sal wees. Gee jouself kans om te groei en leer uit jou en ander se foute. Moenie te hard op jouself wees nie, kom ons verdra mekaar se menswees.

Mag jy jouself oortref, wys jou siel want daarin is die regte jy, en die regte mense sal jou liefkry. Santé op die voorreg om saam met julle hierdie paadjie te kan stap, kom ons leef hierdie jaar met oorgawe. Van my hart aan joune.

 

Soos honderd maal vantevore hoor ek die gedruis van die see.
Maar hierdie keer is dit anders …… nuut.
Asof die golwe fluister ‘n geheime boodskap vir my siel.
Iets wat ek moet weet.
‘n Sagte morse kode.

Ek jeuk om die ou skibberige vel af te skud,
en weer nuut op te staan.
Vrede te vind.
Met ‘n lied in my binneste tevrede te wees.

Terwyl die son opkom oor die see,
breek die dag in my hart,
en ek onthou die dae van blomme en seeskulpe.
Met ‘n hitte wat opslaan van die vloer,
dat dit voel asof my voete moet dans,
en ek ‘n buiging moet maak om dank te bring.

-Adeléne Hartzenberg

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s