Nuwe Begin

In die blou lug van jou vonkeloë het ‘n verskietende ster geval.

Ek los dit in verlede jaar se tas.

‘n Blink liggie wat skiet en jou verblind van opgewondenheid en vrees.

Die wete dat van vandag af weer nuut is,

daar ‘n hele jaar se onthou verby is.

Daar weer ‘n geleentheid vir nuwes voorlê.

Kom vat my hand en stap saam, ons weet nie wat  wag om die draai,

maar met mekaar se geselskap blydskap hartseer en pyn

kan die pad soveel meer onvergeetlik wees.

Moenie terug kyk na die spore agter jou nie.

Want hulle is al misvorm deur die wind.

Bring jou tas, en jou geraamtes in die kas

ek sal help uitpak as jy my ‘n kans gee.

Geen mens is ‘n eiland nie.

2 thoughts on “Nuwe Begin

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s