Die son steek sy vuur aan agter die berg
en ons groet ‘n nuwe dag.
Uitgestrek en lank lê die pad voorentoe.
Mistig die uitsig.
Kom ons dans op die ritme van tyd.
Die musiek van die wind.
Tot ons hart weer kan jubbel.
Sug en sing dieselfde word.
Kom ons rol in die nat gras, kinderlik onskuldig.
Vergeet die donker nag ……
In die wolke ons drome,
kom drentel saam met my in ons
lugkasteel se gange.
Ons voetspore van die verlede,
krimmel weg en verdwyn,
kom ons vat niks saam nie,
en los bekommernis vir ń ander dag.
-Adeléne Hartzenberg