Superhelde

Hierdie week was my inspirasie maar min, dis die einde van nog ‘n skooljaar en ek dink soos ek het baie mammas en pappas ook ‘n groot sug van verligting gegee, ons spruite het dit darem gemaak. Ons het dit gemaak!

En soos dit hoort is baie van ons so super trots, ons loop oor daarvan, en dis goed en dis nodig want ek voel mens moet spog, jou kinders het dit nodig, hulle het nodig om te voel hulle is die moeitewerd, hulle word raakgesien. Maar so ook vergeet baie van ons dat die lewe nie ‘n kompetisie is nie, ons kinders is nie ons “gateway” na sukses nie. Hulle is nie veronderstel om uitstal goedjies te wees, wat uitgehaal en afgestof word net soos dit jou pas nie.

Dat hulle waarde nie gemeet moet word in dit wat hulle bereik het nie, maar in wie hulle is, hoe hulle hartjie is, hoe hulle ander laat voel en hoe hulle, hul gedra. Soms dink ek ons fokus heeltemal op die verkeerde goed, daar word soveel geprys en gelof op vlakke waar net ‘n paar kindertjies wel kan uitblink, en goed so, fantasties dat sommige kinders sulke bo-menslike talente het, en daarvoor moet pryse wees, maar wat van die kinders wat ander gehelp het, die maatjies wat elke dag met ‘n honger maag opstaan en nogsteeds fokus op skool, die maatjies wat weereens moes luister hoe baklei mamma en pappa en moreoggend sit op die skoolbanke asof alles sommer hunky dory is. Die stil kinders wat kies om eerder gehoorsaam te wees as saam met die ander kinders amok maak. Die maatjie wat probeer en probeer maar net nie daardie punte kan haal nie. Die maatjie wat heel jaar deur ‘n boelie geteister is, die dogtertjie wat se beste maatjie haar hartjie gereeld breek as gevolg van jaloesie.

Die regte lewe helde wat stil stil hulle daaglikse lewe deurgaan en nogsteeds op hulle manier uitblink. Maatjies ek weet daar is so baie van julle, my hart breek en bloei vir julle want ek weet die lewe is so “unfair”, daar is van julle sonder mammas en pappas wat help, soms met net een ouer wat alles in hulle vermoë doen om julle nogsteeds die beste te gee wat hulle kan. Julle is ook spesiaal, en julle is ook die moeitewerd. Al het julle dalk nie ‘n prys ontvang vir julle jaar nie, julle verdien die hoogste prys, die grootste beker en medalje want julle is ook bo-menslik sterk.

Julle is die unsung superhelde.

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s