Die eindelose donkerte

As ‘n gediagnoseerde depressieleyer ken ek die swart van daardie gat baie goed. Ek het baie lank in my lewe met depressie saamgeleef en baie ure se terapie agter my naam. Niemand kan jou depressie vir jou veg nie, net jyself. En dis ‘n baie moeilike pil om te sluk want daar is dae wat jy skaars uit die bed wil klim, nie gepraat van veg nie. Wanneer jou kop en lyf eweskielik vir jou so swaar geword het dat jy nie kan of wil dink om aantegaan nie. Ek ken dit, ek verstaan.

In my donkerste depressie jare het ek baie snaakse goed gedink, en gevoel, en dankie tog vir ‘n fantastiese sielkundige wat my hand gevat het en my gehelp het, om te weet hoe om daarteen te veg. Ek is haar ewig dankbaar. Depressie is die siekte waarvan niemand praat nie, dis die swyg siekte wat almal vermy, en hoop dit gaan weg, daar is soveel verskillende tipes, as ek dink hoeveel mammas post-natal depressie kry, en onbehandel aangaan staan ek soms verstom.

Die ergste is dat daar so baie sê, dis niks om oor skaam te wees nie, en dat mense moet hulp kry, maar hoeveel voer dit deur, en vat daardie eerste stap en sê hier is ek help my.  My keurpunt was die dag toe my man vir my gesê het, ek ken jou nie meer nie, en daardie dag het ek besef hierdie is nie die vrou wat ek wil hê moet my kinders groot maak nie, ek wil ‘n gelukkige gesonde, stabile mamma vir hulle wees. En so het die lang pad na my herstel begin, en ek glo vandag is ek genees, nie dat mens ooit heeltemal genees sal wees van depressie nie, maar jy kan die wereld in die oë kyk, en daar is meer sonnige dae as donker dae.

As jy ook veg teen daardie swart gat, wil ek vandag vir jou sê, moenie bang wees nie, hou op baklei en vra hulp, jy is dit aan jouself, en die mense om jou verskuldig om gesond te wil word. Niks is jou en jou gesin se geluk werd, nie, steek uit jou hand daar is altyd iemand wat jou sal vang. En as daar niemand is nie, stuur vir my ‘n boodskap, ek het altyd ‘n oor wat sal luister en verstaan want ek was al daar. Dis regtig niks om oor skaam of bang te wees nie, ons almal is net mens en wanneer iets stukkend is moet ons dit reg maak, een dag op ‘n slag.

In Sirkels

Soms bekruip die donker die ligsirkeltjie op die mat.
En ek word bang, bang vir die onseker en die swart.
Ek probeer vasklou aan die lig wat uitkolk op die vloer.
Maar dit drup deur my vingers, en ek verdwaal,
weerloos en verlore.

Ek loop sirkels om myself, probeer vastel waarheen nou.
Probeer omdraai en wegkom, vlug.
Maar in sirkels bly ek gaan.
Verbitter maar nie verpletter.
In sirkels om en om.

-Adeléne Hartzenberg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s