My ma se hande

Van my vroegste herrinering af kan ek onthou my ma se hande was altyd besig, om iets te verf, iets af te skuur, ‘n gymsak en waterbottel te dra of iets vas te werk. Ek kan so goed onthou toe ek klein was, was my ma se naels lank en rooi en ek het my verwonder daaraan, net soos ek ure in haar skoenekas kon speel, terwyl ek sorgvuldig elke paar skoene, netjies gemerk in sy boks kon uitpak en aanpas. Van alle kleure, enige dogtertjie se droom met hoë hakke wat so lekker kon klik klak, met ‘n bypassende handsak vir elke paar. Ek kon nie wag om groot te word sodat ek ook eendag so mooi kan aantrek en elegant kon loop in my hoëhak skoene nie. Met die jare het die rooinaels verdwyn en plek gemaak vir verfhande en feëverhale, en ek het vir baie jare geglo my ma is ‘n feeprinses wat feëtjies beveel.

My ma het my soveel waardevolle lesse geleer, dinge wat ek elke dag nog gebruik. Vakansie tye het ons hernu, ek was vry om my kamer elke jaar te kan oordoen soos ek daarvan hou, dit was van seeblou tot oranje, met gebreekte spieels en goed wat van die dak af gehang het. My ma het al geweet as sy die dag instap, en sien ek het my kamer geskuif, iets is weer aan die roer in my gemoed en sy het my die vryheid gegee om myself te kan uitleef.

So kyk ek na my hande in die week nadat ek weer ‘n vertrek geverf het, en my lyf seer is na die op en afklim teen die leer, en daar is ‘n gesegde wat sê: ek maak my mond oop en toe kom my ma uit. Dis tog maar in mens se DNA. Ek onthou die geselsies by die wasgoedraad terwyl ons wasgoed opgehang het, en vroeg oggend koffie in my ouers se bed, want soos my ma word ek saam met die hoenders wakker. Die skinderstories in die kombuis.

Noudat ek my eie gesin het, verstaan ek baie dinge soveel beter. Die bekommernis en raas wat ek soms moes kry. En soos my ma baie gesê het, eendag as jy jou eie kinders het sal jy verstaan, en ek verstaan kristal helder noudat ek ook self ‘n mamma is. Soms as mens terug dink wens jy, sommige dinge kon jy dalk anders benader het, of anders gedoen het, maar ongelukkig kan mens nie die tyd terugdraai nie, en ons leer uit ons foute. Om ‘n ma te wees is een van die beste dinge in die lewe, en om ‘n ma te hê is meer kosbaar as wat woorde kan beskryf. Dankie mamma vir al die lewenslesse wat ek geleer is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s