Soms as ek my oë toemaak is ek weer terug onder daardie boom.
In die koel koelte van my kinderdae,
op die mat van sagte gras,
dagdroom ek van hoe dit is om groot te wees.
Die toekoms was nog ver.
Maar so helder en blink.
Dan hoor ek weer die vlinders van my kinderhart,
Opgewonde en onseker.
Die jare smelt soos sjokolade.
Borrelend bitter en soet,
Tel ek hulle af, die smarties in die boksie van my lewe.
Groenes, perses, geel en blou,
Elke dag anders, vrolik en soms nie.
Maak ek my oë toe, dan ruik en die vars gesnyde gras,
ek asem die skoon suiwer lig in my longe,
en ek onthou hoe hemels die onskuld van ‘n kind was.