Ons vroue is emosionele, gekompliseerde skepsels. Ek het al baie met vrouens te doen gehad, by die skool, werk, kerk, winkel en samelewing. Ons word gedryf deur ons emosies. En daar is bittermin van ons wat kan afskakel tussen ons emosies en ons logika.
Van die vroegste tye af het vroue dit reg gekry om mans te manipuleer om dinge te doen soos ons daarvan hou, dit was al die val van groot koningkryke, dit het al oorloë veroorsaak, vriendskappe opgebreek, families laat uitmekaarspat, skepe laat sink, en selfs stamme laat uitsterf.
Om te kan beheer. Om beter oor onsself te kan voel want iewers in ons voorgeslag het iets skeefgeloop, omdat ons jare lank onderdruk en geignoreer was, ons nie die kans gegun was om ons stem dik te kon maak nie en ons nie ‘n plek in die samelewing gehad het nie, het ons geleer om op ander maniere te oorleef, deur te manupileer. Dit was een van Shakespear se gunsteling onderwerpe:
Cordelia in King Lear
Portia in The Merchant of Venice
Lady Macbeth in Macbeth
Beatrice in Much Ado About Nothing
Juliet in Romeo and Juliet
Desdemona in Othello
Rosalind in As You Like It
Viola in Twelfth Night
Margaret of Anjou in four history plays
Hermia in A Midsummer Night’s Dream
Ons word soms gedryf deur jaloesie en kompetisie, dit gee ons die dryfkrag om onsself tot hoë hoogstes te kan opwerk. Daar is ‘n hele klompie Bybelverhale waaraan ek ook kan dink waar vroue hulle manupilasie vermoë gebruik het om hulle sin te kon kry.
Ek is self ook deel van die skonere geslag en ek weet wat my swakpunte is. Wat my sterkpunte ook is. Ek probeer elke dag werk aan die manier hoe ek my dogter groot maak, om te weet hoe sterk en hoe swak sy is, hoe sy haarself moet staaf teen die lewe en teen ander se opinies, en ek sal my seun leer dat hy ‘n vrou moet respekteer en op sy hande dra, maar hy het nie nodig om haar te verafgod nie. Dat twee opinies beter is as net een en dat hy goed genoeg is om ook soos ‘n koning behandel te word en dat respek na beide kante toe moet gaan.
Ek dink elkeen van ons kan daaraan werk om mekaar eerder te verhef as af te breek, ons die manne in ons lewe eerder opbou as manupileer en afbreek.
All that glitters is not gold – William Shakespeare, The Merchant of Venice, 1596
Love all, trust a few, do wrong to none. ―