Skurwe voete myne

Wat behels ‘n huwelik als, liefde, waardering, respek, geduld, geduld, geduld, aanvaarding,  vriendskap. Dis soos ‘n baie delikate nagereg, as jy nie die regte bestandele bymekaar sit nie, vlop dit. Dan sit jy met’n mushy onbreikbare storie. Vandat liefie nou ook by die huis is oor (sien wolf wolf hoe skerp is jou tande)

Moes ek ook van voor af leer om te kan deel, ek het vir lank die huis in die oggende vir myself gehad en het op my eie manier dinge hier gedoen, ek het ‘n roetine gehad en ek is nog altyd ‘n beplanner want dis my security blanket, ek voel veilig as ek ‘n plan in plek het. Nou eweskielik is hier iemand anders wat saam met my hier leef deur die dag, en ek het moeilik daarmee gecope. Want liefie is nie soos ek nie, liefie is meer gechill en glad nie ‘n beplanner nie. So ok, wat maak ek nou. Dis soos wanneer jy vir die eerste keer saam intrek, en dinge moet begin deel en aanvaar dat ja, daai onderbroek gaan daar bly lê, en ja jou kombuistafel is soms toegepak onder karparte, en daar is lysies van lysies wat iewers in die wind weggewaai het want die goed is maar nogsteeds soos dit is.

Maar jy bly lief, want gelukkig vir jou het hierdie nagereg darem die regte bestandele, en jy weet jy is ook VER van volmaak. Want jy weet vanaand wanneer jy in die bed klim, maak nie saak hoe moeilik en hoe donker die dag vir jou gevoel het nie, word jy vasgedruk asof jy die koningin van sheba is, jy is veilig en jy behoort,  jy weet dat moreoggend wanneer jy wakker word, sal jy ‘n glimlag kry wat die dag net so effens blinker sal maak.

Na 13 jaar vergeet mens ook soms en die blinkertjies vervaag. Gooi finansies en twee kinders in die mengsel en soms raak die kombuis net te warm vir die perfekte poeding.

Maar die verskil kom in wanneer jy aanhou probeer. Want wat is die gesegde: The proof is in the pudding.

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s