Ouvroustories

Hoeveel ouvroustories ken jy? Dink daaroor, jy mag nie met nathare rondloop nie want jy gaan ‘n trek vang? Rerig? Wat is ‘n trek, ek het al gehoor mens kan ge-trek wees, maar dis nie dieselfde ding nie? of hoe?

Het jou ma jou dalk al ooit vertel dat jy gaan wurms kry van kaalvoet loop of deeg eet?  Blykbaar is dit ook onwaar dat ‘n kuiken/hond/kat deur sy ma verwerp sal word nadat ‘n mens hom hanteer het.  ‘n Mens kry ook nie vraatjies van paddas nie en hoe is dit moontlik om dit maan toe te blaas, verkoue van koue weer nie en breinvliesontsteking van nat hare slaap nie.

Eet en kou het ‘n hele paar ouvroustories van hulle eie.  Ongelukkig is dit heeltemaal onwaar dat jy nie sal vet word as jy staande eet nie.  Jy sal nie vet word van te vinnig eet nie.  Kougom gaan nie jou derms knoop nie, dit word net so normaal as ander kos uitgeskei. En mens groei nie horings as jy lê en eet nie.

Waar het die stories begin, en so het dit van nageslag tot nageslag aangestuur, sommige stories het sterte gekry, en as jy vandag daaroor nadink is dit heeltemal verregaande, en tog in vandag se tyd is daar nogsteeds mense wat logika heeltemal vermy. Mites en legendes wat niemand weet waar die oorsprong is nie glo as feite. Ons het ‘n magdom informasie tot ons beskikking, die internet is ‘n nimmereindigende bron van informasie, gebruik dit, gaan lees, gaan doen jouself ‘n guns en vind uit wat die oorsprong van sekere mites en legendes is. Moenie net op ‘n “bandwagon” spring en aanneem iets is verkeerd net omdat jy dit nie verstaan nie. Daar is baie bang maak stories daarbuite wat gemaak is deur mense wat ander mense wou beheer en onderdruk. Haal af jou oogklappe en kyk wat om jou aangaan, leer jou kinders dis ok om vrae te vra, om te ondersoek en bevraagteken. Want my liewe mens ons lewe nie meer in die donkereeue nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s