Bitter malpille

Soms is daar sulke diep gate binne in jou dat dit nie saak maak waarmee jy dit probeer vul nie, dit word nooit vol nie. Hierdie tyd van die jaar raak almal jukkerig en mismoedig en sommer net moerig. Die jaar is verby en dit voel asof jou voete iewers in dryfsand gaan vassit het en jy net nie loskom nie. Hoe meer jy spartel hoe dieper sak jy weg.

Daar is vir alles prysuitdelings en jaareindfunksies om te sê, good job, jy het dit gemaak, behalwe vir ń voltydse mamma, nope niks pryse word uitgedeel nie, jy moet tevrede wees om te kan sê dat nog ń jaar verby is, jy het jou kinders laat oorleef vir nog 12 maande en almal is ok. Dankie tog, haal diep asem. Ons het nog 12 maande se emosionele rollercoaster gery en dis nou tyd vir afklim, voor ons weer van voor af in die ry moet gaan staan, en sien watse vreesaanjanende ritte wag vir ons om die draai.

Mense fassineer my, ja jy, ek het tienteen een al oor jou gewonder, gewonder hoekom en waarom jy aanmekaar gesit is, soos jy is. Wat was die beginpunt, die breekpunt of die heelword punt van jou storie gewees.

En om een of ander rede rafel almal uit hier teen Oktober. Dis ok, ek verstaan. Dis lekker om te weet dis nie net ek nie. Dis almal, so wees gerus as jy voel jy sukkel om koelkop te bly. Cheers ons het dit amper gemaak. Kom ons probeer onsself bymekaar hou vir nog so rukkie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s