Tags

, ,

Daar is soveel keer in ouerskap wat jy wonder of jy die regte ding doen. Daar is soveel kruispaaie en dis onmoontlik om te weet of jy die regte pad gekies het. Ek sien myself as ‘n openminded mens, ‘n uit die boks tipe mamma wat my kinders die regte tipe vryheid gun sodat hulle kan ontwikkel en hulle eie mens kan wees, terwyl ek in die agtergrond leiding en raad gee. In die hoop dat hulle wel eendag wanneer daar iets “major” met hulle gebeur ek die eerste een sal wees wat daarvan sal weet.

En so is dit ook tot dusver in ons huishouding. Ek weet wat in my kinders se harte aangaan. So het ons aan die begin van 2019 by ‘n kruispad gestaan met my poplap. Die skool hou revue, ons is bitter opgewonde want sus is mal oor sing en dans en drama is haar lewe. Sy het alreeds haar eie youtube kanaal en floreer op Tiktok met ‘n hele klomp aanhangers en met ‘n paar jaar se dansklas ondervinding agter haar het ons gedink: “Well this one is in the bag!” Boeta het van die begin af gesê dans en sing op die verhoog is nie vir hom nie.

Nou ja die dag van oudisies ( ja julle het reg gehoor, sussa is in GR3 by ‘n doodgewone laerskool en hulle hou oudisies!) elkgeval …… hulle laat ‘n klomp maatjies van die klas in ‘n kring staan, teen mekaar en een van die senior graad juffrou kies 1 of 2 uit die groep, nou ja ek vra met trane van verstrasie in my oë hoe kan mens so oudisies doen?? Nietemin, sussie is nie gekies nie. Trane en trane word gestort by die huis in haar kussing en myne. Ek troos en praat moed in en sê: aag nee wat dis nie belangrik nie. Daar sal weer ander geleenthede wees. Terwyl my hart in 10 000 stukkies breek. Ek is reg om my witwarm motor op te vuur en skool toe te jaag met ‘n gejuig en my kind se plek te verseker in die revue. Maar pappa paai, dat soms leer ons, ons kinders beter lesse deur nie altyd hulle plek oop te koop/baklei/vry of blinklek nie. En ek berus daarby. Net omdat sy nie gekies is nie, beteken nie sy is minderwaardig teenoor enige van die ander maatjies nie. Ek sluk my trane en ontknoop my vuiste, haal diep asem en glimlag vir die juffrou en die skool, want ek is nie die tipe mamma wat hou van persooneelkamer koffie of die hoof op sy eerste naam noem nie.

Na maande se geoefen, is die skool gereed vir sy revue. Ek kners op my tande, want oh wee ek moet op elke whatsapp groepie, en facebook hoor hoe ween die ouers oor die klere oefentye ens wat gedoen en gereel moet word, en bid tog net dat die ook maar sal verbygaan. Want soms in my hart dra ek ‘n klip, want sus kom in die middag by die huis, en vertel opgewonde hoe mooi die maats se grimering lyk en hoe hulle oefen, en sy is so braaf want sy maak asof dit haar glad nie skeel nie, maar ‘n mamma hart weet mos maar wat in daai klein breintjie aangaan. Ek praat maar ander goed. En bak koekies en bederfies en ons lees stories. Elke dag as ek my facebook oopmaak en ek sien die blink en die mooi en die lekker en ek hoor die trots in die ouers se stemme, probeer ek myself laat glimlag en sê aag dis nie belangrik nie, daar gaan weer geleenthede wees.

En ek hoop dat hierdie mamma die regte besluit geneem het toe ek by daardie kruispad gestaan het. Want ouerskap is soms die moeilikste en maklikste ding wat mens ooit sal doen.

Advertisements